Wednesday 18:38
clear sky
Tomorrow:
scattered clouds 34°
Oudtshoorn
Die brug vanaf George na Oudtshoorn in Langenhovenweg is omskep in ’n kleurvolle baken.Hierdie permanente plekspesifieke werk strek oor 40 m aan beide kante van die pad. Die werk is geskep deur Norman O’Flynn, in samewerking met gr. 10 tot 12-kunsleerlinge van Hoërskool Oudtshoorn.Vir hierdie projek getiteld Future Vision het O’Flynn en die tieners van Hoërskool Oudtshoorn ’n aantal oë op die brug geverf om motoriste en voetgangers te herinner dat hul oë altyd oop moet wees – om bewus te bly van hul omgewing en die landskap waardeur hulle beweeg en waarin hulle leef. Die blou mure verwys na die blou lug in Oudtshoorn, asook die blou water van die Grobbelaarsrivier wat deur die dorp kronkel.Die projek maak ook deel uit van die Diepe Grond visuele kunste program van die KKNK. Fotos: verskaf
Oudtshoorn Courant proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a Oudtshoorn Courant