Saturday 11:07
clear sky
Tomorrow:
overcast clouds 19°
Oudtshoorn
'n Gesin van Hopeville, Oudtshoorn sit in sak en as nadat hul informele-struktuur vir die tweede keer aan die brand gesteek is.Die voorval het Woensdagoggend 22 Januarie gebeur.Daphné Davids en haar twee jongste kinders, Liam (19) en Shayne (10) moet nou vir die tweede maal al hul besittings vervang. In gesprek met gemeenskapslede noem hulle dat hulle nou hul voet neergesit het en aangedring het dat Davids 'n saak teen haar oudtse seun oopmaak aangesien hulle van mening is hy kan die oorsaak wees dat die hele woongebied kan afbrand.Een van die dames wat verkies om anoniem te bly noem dat daar baie klein kinders is wat hier woon. "Wat as 'n gaskan ontplof?".Die polisie en speurders was op die toneel en is die verdagte in hegtenis geneem.Oudtshoorn Courant het navraag gerig by sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder rakende die voorval.
Oudtshoorn Courant proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a Oudtshoorn Courant