OUDTSHOORN NUUS - 'n Eksklusiewe wynproe uit die Ou Wingerd-wynreeks, word ter viering van die tiende Klein Karoo Klassique op Saterdag 11 Augustus van 16:00 tot 17:00 in Die Windpomp restaurant-teater aangebied.
Bloulint-wyne uit die Klein-Karoo en elders speel sedert die eerste Klassique in 2009 'n groot rol in die ervaring van die fees en dit is 'n voorreg om vanjaar 'n unieke wynproe-geleentheid deur The Old Vine Project (OVP), oftewel Die Ou Wingerd-projek, aan te bied.
Die projek is geïnspireer deur Johann Rupert en uitgebou deur Rosa Kruger en in samewerking met ander wingerdboukundiges het hulle vergete en verwaarloosde blokke opgespoor en die eerste lys van ou wingerde in 2005 opgestel.
Dié wingerde is aan vooraanstaande wynmakers bekendgestel.
Daar is slegs 30 kaartjies teen R250 beskikbaar en sal by die deur verkoop word.
'n Eksklusiewe wynproe uit die Ou Wingerd-wynreeks, word ter viering van die tiende Klein Karoo Klassique op Saterdag 11 Augustus gehou,
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'