Vinette Ebrahim se vertolking van Katie Jacobs, ’n vrou uit ’n Distrik Ses-familie, in die debuutdrama Invisible onder regie van Christo Davids, sal jou koud laat. Ebrahim verduidelik dat Katie se storie nie net gaan oor die forced removals wat die gemeenskap uitmekaar geskeur het nie. “Dit was mense ook. Gewone mense.” Die woorde van Katie gryp mens aan as sy jou stip in die oë kyk en sê: “Almal ken my, maar niemand sien my siel nie. Ek’s mos invisible.”
Ander hoogtepunte uit die toneelprogram sluit die plekspesifieke drama Nagwandelaars (met Geon Nel, Carel Nel en Lanel van der Kolff), die riller Kul (met Tobie Cronjé, Nicola Hanekom en Wilhelm van der Walt), die bekroonde dramas Die Dag is bros (met o.a. Sandra Prinsloo en Nicole Holm), Hemelruim (met Tinarie van Wyk Loots en Paul du Toit), Son.Maan.Sterre (met o.a. Louis van Niekerk, Lida Botha en Gretha Pieterse) en die eenmanvertonings Blou-blou (met Erik Holm), Die Man Jesus (met André Lombard), Rooivalk (met Richard September) en Santa Gamka (met Marlo Minnaar) in.