OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Rotariërs bied die komiese verhoogstuk. Wanneer trou jy?, op Vrydag 23 November ten bate van Animal Care Team (ACT) aan.
Die produksie word by Mount Noah in Draaistraat aangebied en begin om 19:30.
Volgens Suné Rupping, president van Oudtshoorn Rotariërs word alle gelde wat ingesamel word aan ACT geskenk. Wanneer trou jy, van Mariëtte Loubser, was uitverkoop by vanjaar se US Woordfees en bied vermaak vir die hele gesin.
Kaartjies vir die vertoning is R150 en sluit 'n ete deur Chef Jaco in.
Kaartjies is beskikbaar PNA, Nandoe, Oudtshoorn-dierekliniek en Kango-dierekliniek.
Vir navrae skakel Vanessa by 082 927 7276 of Suné by 082 309 7834.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'