'n Tweeling, Katja en Küra Samoulihan, wat tans in gr. 12 is, is as die wenners van die aand aangewys.
Meriete toekennings is ook aan verskeie leerders van verskillende skole gegee. Een meriete toekenning wat as spesiaal beskou kan word is die van Jannie Lourens, 'n inwoner van Eljada-nasorgsentrum vir volwassenes met intellektuele gestremdhede.
.
Die wenners van die foto-kompetisie was Lisa langenhoven (algehele wenner van Hoërskool Oudtshoorn), Küra Samouilhan (tweede prys van Hoërskool Oudtshoorn), Liza Marais (merietetoekenning van Hoërskool Oudtshoorn) en Kara Stander van Hoërskool Oudtshoorn het ook 'n merietetoekenning ontvang.
In die laerskole afdeling was die wenner Yusuf Mohamed van Laerskool Noord en Cicera Stuurman van Laerskool van Reede, Chanté van der Westhuizen van Laerskool Noord en Johanné van Druten van Laerskool Wesbank het me-rietetoekennings ontvang.
In die hoërskole afdeling Küra en Katja Samouilhan gesamentlike wenner en Fernando Loff van Hoërskool Ca-litzdorp, Jaco Barnardvan Langenhoven Gimnasium, Hanro Lareman, Alice Nash, Heini Victor, Johlize van der Merwe, Austin Claassen, Riandi du Preez, Mckyla Wessou, Kathrine Venter en Hannamie Hoffman (almal van Hoërskool Oudtshoorn) het merietetoekennings ontvang.
Van die ander inskrywings van ander instansies het die deelnemers almal merietetoekennings gekry. Hulle is Monique Prins van Eljada Kairos Skool, Asange Apleni van Little Bo-Peep, Constance Jonkers van Karoo Kwas Kunsskool, Renier Oosthuizen van Karoo Kwas Kunsskool en Charlie Terblanche van B Crafty.
Kuns van skoliere vanoor die Klein-Karoo wat in hul kunsklasse geskep word, word uitgestal en die ouderdomme van die kunstenaars wissel van vier jaar tot 18 jaar oud.
Mnr. Coenie de Vos, skoolhoof, het die aand geopen en gesê dit is belangrik dat skole kinders moet ondersteun om hul talente te ontwikkel en dat uitstallings soos dié, die perfekte manier is om dit te doen.
"Dit is belangrik om kinders te laat besef dat hulle nie hul talente onder 'n emmer moet wegsteek nie, maar ten volle moet ontwikkel," het hy gesê.
Hy het verder Johan Coetzer, die kunsonder-wyser, bedank en geloof vir die wonderlike aand.
Lede van die publiek en ouers word uitgenooi om na die uitstalling in die skoolsaal tussen 10:00 en 20:00 te kom kyk. Die uitstalling eindig môre.

Zhane Moses, 'n gr. 11-leerder van Hoërskool Oudtshoorn, het 'n
meriete toekenning ontvang.

Gizelle Westraad, 'n gr. R-leerder verbonde aan Karoo Kwas Kunsskool,
het haar kunswerke ook by die Jeugkuns- en fotoweek uitgestal.
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'
http://www.oudtshoorncourant.com/news.aspx?id=82680&h=Jeugkuns-en-fotoweek-by-Hoerskool-Oudtshoorn