Dan kan daar ook losgetrek word aan `n "twist medley" wat hul gehoor tot laat in die nag op die dansvloer hou. Die veelsydige musiekgroep Karoo-Live bestaan uit manne wat elkeen alreeds jare se praktiese ondervinding in die musiekbedryf het.
Orkesleier Steven Meyer, vertel dat sy broer, Doelie, die voorsanger van die groep is en reeds jare lank vermaak aan Oudtshoorniete verskaf met sy sangtalent.
Die groep entoesiastiese en talentvolle musikante is nou hard aan die werk om hul musiekdroom uit te leef.
"Ons het Karoo-Live se volume in Oktober 2012 begin aanskakel, maar vandag word die volume heeltemal oopgedraai" vertel Meyer. "Ons is gereed vir enige geleentheid, partytjies, troues en hou daarvan om op 'n wa uitgepak met strooibale te staan en die publiek die lekkerste vermaak te verskaf."

Karoo-Live is van links, Gerhard Bakker (klawer bord en sanger), George Claassen (tromme), Steven Meyer (baskitaar en orkesleier), Doelie Meyer (hoofsanger en kitaar) en Johan Gouws (konsertina en saxofoon).