OUDTSHOORN NUUS - 'n Boeremusiek en Tango-produksie wat ondersoek hoe die style verweef en verskil met 'n gedeelde hartklop en soortgelyke afkoms, word Donderdag 3 April 0m 19:00 en Saterdag 5 April om 18:30 by die Laerskool Wesbank-teater as deel van die KKNK opgevoer.
In die Suide, van die Noorde. Elkeen wals, maar die een vastrap en die ander milonga. Albei is hartseer, nostalgies, maar ook vol vreugde. Vryrietinstrumente is diep verweef in elkeen se ikoniese klank – die konsertina en trekklavier met Boeremusiek, en die bandoneon met die Tango.
Suid-Afrika, die land van goud. Argentinië, die land van silwer ("Argentum" beteken silwer en die "Rio de la Plata" waarlangs die tango ontwikkel het, beteken die Rivier van Silwer).
In 2009 het die Verenigde Nasies die Tango verklaar as 'n ontasbare kulturele erfenis van die mensdom. Miskien, net miskien is Boeremusiek dit ook eersdaags. Kom ervaar Tango en Boeremusiek op dieselfde verhoog.
Kaartjies is beskikbaar op webtickets of kontak Leon Oosthuizen by 081 395 4327.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’