Op 30 Augustus word Gee mekaar die regterhand, geskryf deur Monica Breedt, en 'n Diener en 'n Daggaboom (skrywer onbekend) opge-
voer in die NG kerk De Rust se kerksaal. Verversings sal te koop wees.
Daar moet gou gespring word vir kaartjies aangesien hierdie gebeurtenis met groot afwagting gepaard gaan.
Verskeie akteurs wat hul loopbaan op die kerksaal se verhoog begin het, het sedertdien filmrolle losgeslaan, soos die geval met die gewilde Faan se Trein.
Die De Rust-gemeenskap het 'n ryke tradisie van konsert hou. Jare gelede was dit aan die plaaslike skole gekoppel, maar die afgelope paar jare is konserte veral ten bate van die NG kerk en Die Herberg Kinderhuis in Robertson gehou.
Nie net neem lidmate van die plaaslike NG gemeente deel nie, maar ook enige plaaslike inwoner wat belangstel en pret wil hê.
Die konserte is norwaalweg komies en een en almal in die groter Oudtshoorn-gemeenskap geniet dit.
Vanjaar se opvoering word deur Alta Fourie afgerig, met Elsabé Steyn as Soufflese.
Kaartjies kos R50 vir volwassenes en kinders 14 jaar en ouer, R30 vir persone bo 65 jaar en kinders onder 14 jaar en is beskikbaar by die kerkkantoor by 044 241 2114, Village Trading Post 044 241 2110 of Village Art 044 241 2014.
Van die akteurs wat op 30 Augustus in twee eenbedrywe in die De Rust-kerksaal gaan optree. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'