CALITZDORP NUUS - De Krans Wynkelders het die afgelope naweek weer hul Bloeiselfees met oorgawe gevier.
Gaste is Saterdag en Sondag onthaal met wenwyne, smaaklike kos en lekker geselsies, omring deur die mooiste bloeisels.
Die fees het begin met die Wingerdslinger-pretdraf. Deelnemers kon 'n 5 km of 10 km aandurf.
Gaste kon deur die loop van die oggend by De Krans se Bistro aan eet- en drinkgoed smul. 'n Aantal fotograwe het die boorde ingevaar om bloesiels af te neem vir die fotografiekompetisie wat deel was van die fees.
Die wenner van die kompetisie word op 19 September aangewys en stap weg met wyn gelykstaande aan die fotograaf se gewig.
De Krans se keldermeester, Boets Nel aan die woord by die Bloeiselfees.
ARTIKEL EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'