OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Oudtshoorn-burgemeesterskomitee, onder leiding van PA-raadslid Suzane Jansen (voorsitter van die tegniese dienste departement), het vanmiddag 'n saak van bedrog teen twee munisipale amptenare en die Oudtshoorn-munisipaliteit by die Oudtshoorn-polisie aanhangig gemaak.
Volgens Jansen is sy verlede week vir die eerste keer deur die ANC se Zoe Tytaya (wat waarneem as die burgemeester of onderburgemeester nie beskikbaar is nie) ingelig dat daar op 15 Desember verlede jaar bedrieglike oorbetalings van ongeveer R3 miljoen binne haar departement aan ‘n maatskappy wat hulself as Martin & East-konstruksiemaatskappy voorgedoen het, gemaak is.
Martin & East het egter nie die faktuur van R3 miljoen ingestuur nie.
Martin & East is deur die munisipaliteit op 'n drie jaar kontrak aangestel tot 30 Junie 2020 vir die herseël en rehabilitasie van paaie.
Die saak is glo reeds in Februarie onder die aandag van die waarnemende munisipale bestuurder, Walter Hendricks gebring.
Volgens Jansen het Gerald de Jager, die waarnemende munisipale bestuurder op daardie stadium, op 26 April in 'n vergadering met die burgemeesterskomitee bevestig dat die Valke reeds 'n ondersoek begin het en dat die interne ouditeur van die munisipaliteit, Phillip Nel, 'n interne verslag Oudtshoorn Courant is in besit van 'n e-pos waarin Martin & East uitdruklik stipuleer dat die faktuur van R3 miljoen, wat gestuur was van die munisipaliteit, nie deur hulle ingedien is nie, en dat hul kontraknommer, asook hul bankrekeningnommer, verkeerd is.
Martin & East bevestig ook in dieselfde e-pos dat dienste wat hulle verrig het R180 787, 87 is, en nie R3 miljoen nie. Hulle het egter geen geld tot op hede van die munisipaliteit ontvang nie.
Die twee amptenare van die Oudtshoorn-munisipaliteit, wie se name op die beweerde bedrieglike oorbetalingsfakture verskyn, is bekend aan Oudtshoorn Courant.
Jansen sê dat sy een van die beskuldigdes genader het om te bevestig of hy kennis dra van die saak waarvoor hy beskuldig word, waarop hy geantwoord het dat hy glo op verlof in daardie tydperk was en sy datasleutelkodes vir iemand gegee het, wat volgens Jansen, ook onaanvaarbaar is.
Jansen eis nou dat die amptenare ter sprake tydelik geskors moet word as gevolg van die "oorweldigende" bewyse en die feit dat die Valke reeds die munisipaliteit besoek het om die saak te ondersoek.
"Ek kan nie sulke tipe onreëlmatighede in my departement onder my watch duld nie. Die feit dat ek nou eers daarvan te hore kom is vir my die ergste. Wat kon ons gemeenskap nie met R3 000 000 gemaak het nie?" wou sy weet. 'n Navraag is aan die Oudtshoorn-munisipaliteit en die Valke gestuur.
“An article posted by the Oudtshoorn Courant on its Facebook page on 4 May 2022 created the impression that the Oudtshoorn Municipality has alleged that Martin & East, the prominent civil engineering company, participated in defrauding the Oudtshoorn Municipality of R3 million.
This impression is incorrect. The Oudtshoorn Municipality has never made such an allegation. The facts are that :
The Oudtshoorn Municipality has laid charges of fraud with the SAPS against two of its own officials, who allegedly used a forged Martin & East invoice to defraud the Oudtshoorn Municipality of approximately R3 million.
Martin & East has confirmed that the invoice in question was a forgery (in that the contract number on it is false, and the bank account details on it are for an account which does not belong to Martin & East), was not prepared or submitted by Martin & East, and no part of the R3 million claimed on the invoice was paid to Martin & East”.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'