OUDTSHOORN NUUS - 'n Jong man van Dysselsdorp wat deur die Valkenberg-hospitaal geskik verklaar is om verhoor te word, is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis vir die verkragting van 'n ma van drie kinders.
Perswil Januarie wat nou twintig is, het op 14 Februarie 2016 by die woning van 'n 36-jajrige vrou wat hom as haar kind beskou het, ingegaan en haar verkrag terwyl sy in 'n diep slaap was.
Sy regshulpprokureur, Brian Carelse, het die hof gevra om in ag te neem dat Januarie toe nog minderjarig was, skuldig gepleit het en 'n eerste oortreder is.
Die vrou het in haar slagofferverslag gesê dat sy baie sleg voel oor wat met haar gebeur het.
Sy het gesê dat Januarie gereeld by haar huis was en dat sy hom dikwels iets te ete gegee het.
Streeklandros Daniel Boks het twee van die ses jaar gevangenisstraf voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'