Hy sê na hy vir ‘n paar jaar nie by die fees opgetree het nie, was daar verskeie versoeke dat hy sy terugkeer maak.
"Wes-Kaapse minister van finansies en voormalige minister van kulturele sake en sport dr. Ivan Meyer, het my ook gevra om weer my plek op die verhoog by die KKNK in te neem."
Halgryn, wat volgens baie beskou word as 'n wandelende sportensiklopedie, sê hy gaan onder andere vertel van sy nagmerrie ervaring na hy in 1967 aan die Springbokproewe deelgeneem het.
Hy het al op die rugbyveld met verskeie Springbokke skouers geskuur en praat nou nog met lof van Avril Malan, Springbokkaptein in die 60’s.
Hy het ook al teen Eddie Barlow, meer bekend as oud-Springbokkrieketspeler, asook teen Ali Bacher, destyds die Springbokkrieketkaptein, op die rugbyveld kragte gemeet.
Sportliefhebbers wat lus is om Halgryn se kennis op die proef te stel, kan by die KKNK van 4 tot 11 April wegloop met lekker pryse.
Onthou net, Halgryn is nie net 'n kenner van rugbyreëls nie, hy het ook die Royal en Ancient-eksamen vir gholfreëls met sukses afgelê.
