OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit se riooltariewe word deur AfriForum betwis.
Deon de Jager, AfriForum se Wes-Kaapse distrikskoördineerder en Arno Greyling, AfriForum Oudtshoorn se waarnemende voorsitter, het Woensdag 13 Junie 'n aanmaning op die Oudtshoorn munisipale bestuurder, Allen Paulse, beteken. Volgens die aanmaning word uiteengesit dat die munisipaliteit se nuut-ingestelde riooltariewe wat volgens aantal spoeltoilette berteken word, foutief is.
In 'n persverklaring skryf De Jager en Greyling: "Die berekening is in stryd met artikel 74(2)(b) van die Munisipale Stelselswet, 2000 (wet no. 32 van 2000) wat bepaal dat die bedrag wat individuele verbruikers van munisipale dienste moet betaal aan die hand van die gebruik van diesulke dienste bepaal moet word."
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'