OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Salie Oosthuizen en Makka Swart het verlede Woensdag die Oudtshoorn-sakekamer se gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub met 46 punte gewen.
Die dag het altesaam 74 spelers gelok en is deur Van Der Bergh Vervoer en Volmoed Quarries geborg.
Morné Tome en Fanie Fourie was op 'n uittel van 46 punte in die tweede plek, gevolg deur André Plaatjies en JL Swarts wat in die derde plek ook met 46 punte geëindig het.
Naaste aan die penne was Makka Swart (12de putjie), CF du Plessis (8de putjie) en Johan Schoeman (3de putjie). Chris Smith het die gholfbal die naaste aan die buiteband op die eerste putjie geslaan.
Salie Oosthuizen
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'