OUDTSHOORN NUUS - Die Helen Bellinganhof-tehuis vir bejaardes bied op Saterdag 25 Julie ’n potjiekoskompetisie aan wat van vroegoggend tot 15:00 sal duur.
Slegs 10 spanne kan aan die kompetisie deelneem en inskrywings is gratis.
Deelnemende spanne moet egter hul eie tafels, hout en spangees saambring.
Elke span moet ’n pot voorberei wat genoeg kos vir minstens 30 porsies lewer.
Volgens die bestuurder van die tehuis, dr. Michelle van Bommel, kan besoekers op die dag die potjiekos kom proe deur vooraf of op die dag ’n proekaartjie teen R100 aan te skaf.
Die potte sal deur beoordelaars geëvalueer word, waarna die wenners aangekondig en pryse toegeken sal word.
Benewens die potjiekoskompetisie word daar ook ’n kermis aangebied met verskeie stalletjies en vermaak vir die hele gesin.
Die jongspan kan uitsien na ’n verskeidenheid aktiwiteite wat deur die dag aangebied sal word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’