OUDTSHOORN NUUS - Die wenner van die kompetisie om ‘n kenteken vir die Ek is Oudtshoorn inisiatief te ontwerp, is Vrydag aangekondig.
Die wenner van die kompetisie is Joanika Leonard.
Volgens Jaco Vorster, een van die stigters van die Ek is Oudtshoorn inisiatief, het hulle inskrywings van mense vanuit die breë gemeenskap ontvang.
Een van die vyf ontwerpe wat Joanika ingestuur het, is deur die beoordelaars as die weninskrywing aangewys.
Die ontwerp is op hierdie stadium nog ‘n geheim aangesien twee grafiese ontwerpers tans besig is om die finale produk uit Joanika se konsep te ontwerp.
Vorster sê die finale embleem behoort teen die einde van September beskikbaar te wees.
Joanika het verskeie pryse wat deur ondernemings geskenk is, gewen en sal ook aan ‘n aantal gemeenskapsprojekte deelneem as deel van die Ek is Oudtshoorn inisiatief.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'