'n Betroubare bron het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat hy dikwels snags kettingsae hoor en dan die volgende dag op plekke afkom waar doringbome afgesaag is.
Dit blyk dat die skuldiges snags hulle voertuie tussen die bosse intrek en dan te voet 'n ent van die pad af bome afsaag.