Die vermoë om vinnig te tel, skerp te fokus en gereelde oefening, is die minimum kriteria vir 'n goeie skaapteller.
Ongeveer 13 deelnemers het hoofsaaklik uit plaaslike boere en hul arbeiders bestaan, hoewel talle jongmense ook hul vaardigheid op die proef gestel het.
Daar is oudergewoonte in twee klasse, naamlik 'Beginners' vir dié wat die eerste keer tel, en 'Veterane' vir dié wat vantevore in kompetisies getel het, meegeding.
Die beginnersklas is deur Frikkie Arendse, plaaswerker op die plaas Schoongezicht, gewen, terwyl die veteraneklas weer eens deur Hennie Pienaar van die plaas Klipfontein gewen is. Hennie se drie seuns, Henk, Jaco en Pienie, het ook deelgeneem en hul vaardighede begin slyp om seker te maak Pa het een van die dae behoorlike kompetisie.
Danksy Hennie Senekal van BKB, Flip Fivaz wat die krale en skape voorsien het, en Attie van Zyl van Stoepsit Restaurant, was die byeenkoms, soos verlede jaar, 'n groot sukses.
Borge
Die volgende borge word bedank:
- MSD - Frikkie Myburgh
- Virbac - Conrad Olivier
- Zoetis - Michael de Klerk
- Bayer - Jurie Wessels
- Cipla - Pieter Volgraaf
- Novartis - Botha Ferreira

Dit het fyn konsentrasie geverg om die skape korrek te tel. Foto: Rudolph de Wet
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'