OUDTSHOORN NUUS - Pa en seun, Daniël en DS Boks, het die Van Loveren geborgde KKNK-gholfdag met 47 punte gewen.
Die gholfdag het Saterdag 31 Maart plaasgevind.
Gavin Reynolds en M Kriel (46 punte) was tweede en Pieter Pretorius en Terblanche du Plessis (45 punte) het die derde plek losgeslaan.
FJ Pretorius (derde putjie)), Matthew Wilken (agtste putjie), Terry van Coller (15de putjie) en Willem Burger (15de putjie) het elk 'n hou naaste aan die pen geslaan. Spog tweehoue is deur Jean Nel (12de putjie), FJ Pretorius (derde putjie), Johan van der Merwe (15de putjie) en Pieter du Plessis (15de putjie) geslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'