Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Famsa Karoo het op 26 Augustus 'n suksesvolle gholfdag, ten bate van maatskaplike dienste aan kwesbare gesinne, individue en kinders, gehou.
Geld is ook vir instandhouding en noodsaaklike herstelwerk aan die Famsa-gebou en -voertuie ingesamel. Lumenrock, die maatskappy wat as Famsa Karoo se ouditeure optree, het as naamborg opgetree.
Dié dag het meer as R20 000 opgelewer.
Twaalf spanne het aan die gholfdag deelgeneem. Die toernooi was 'n vierbal-alliansie met die twee hoogste syfers en is by die Oudtshoorn-gholfklub aangebied.
Famsa Karoo is reeds deur verskeie spelers en borge vir die uitstekende reëlings en 'n heerlike dag van gholf gelukgewens.
Famsa Karoo het hierdie jaar fantastiese pryse aan die wenners oorhandig. 'n Ete is ook aan alle spelers en hulle gesinne aangebied.
Die ongelooflike ondersteuning van plaaslike besighede en instansies het grootliks tot die sukses van die gholfdag bygedra.
Famsa Karoo bedank daarom graag die volgende:
• Lumenrock, as naamborg, met veral dr. Japie Breedt, Ig van der Merwe en Steveland Louis wat die dag saam met ons geniet het. 'n Donasie van R5 000 is vanaf Lumenrock ontvang.
Die 48 gholfspelers wat aan die toernooi deelgeneem het.
Borge:
Lumenrock
Timbercity
Miles Verwe
Canon
Fanie's Bakwerke
Watson & Brink Apteek
Oudtshoorn Ford
Toyota
Camp Roadhouse & Camp Bakery /
Oudtshoorn-Wes Handelshuis
Leadermans
Briesies Vervoer
Tyres & Treads
Baron's Palace
Rawson Eiendomme
Sam's Clothing
Suid-Kaap Finansiële Dienste
Gideon Badenhorst
N. De Villiers Neethling
Wilgewandel
Smitswinkel
PNA Oudtshoorn
Dr Barnard
Oudtshoorn Courant
Donateurs:
Lumenrock
Surval
ATKV Hartenbos
Oudtshoorn Ford
Supa Quick
Braaikraal
Auto Valet Car Wash
Rawson Eiendomme
Smitswinkel
NB-Uitgewers
Berluda
Karusa
Canon
Badenhorst Slaghuis
Carmién Tee
De Jagers Klerewinkel, Oudtshoorn
Foschini Oudtshoorn
Wilck Spar
Johnita Marx Verhurings
Café Brulé
Cango Caves Estate
Cango Caves Zipline
Karoo Antiques
Klein Karoo Internasionaal: Vleis
Driving Range
Klein Karoo Agri Winkel
Signature Divine
Oudtshoorn Country Club
Klein Karoo Vaardigheidskool
Golfers Club George
H & R Stationary
Cango Pizza
Top Gear
Ook 'n spesiale woord van dank aan die Oudtshoorn-gholfklub vir die beskikbaarstelling van fasiliteite.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'