OUDTSHOORN NUUS - Andrew Oliphant (66) se lewenslange droom is uiteindelike verwesenlik toe hy Saterdag as tweede leraar van die VGK Oudtshoorn-gemeente ingeseën is.
Volgens Oliphant was dit 'n emosionele oomblik wat hy met die gemeente en sy familie gedeel het.
"Nadat ek as onderwyser by Bridgton Sekondêr die tuig neergelê het, het ek my teologiese studies in alle erns voortgesit. Verlede naweek kon ek na baie harde werk uiteindelik die vrugte daarvan pluk."
"Alles wat ek in die lewe bereik het is deur die Here se toedoen. Daarvoor kan ek Hom nie genoeg eer nie," het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'