Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die saak teen Enver Campher, die man wat na bewering die ma van sy kind vir twee dae toegesluit, gemartel en ernstig aangerand het, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn-streekhof vir verdere getuienis tot Meimaand uitgestel.
Campher word van poging tot moord aangekla.
Hy het na bewering vir Natasha Mei (31) 'n ma van drie kinders waarvan hy die jongste se pa is, in die huis van sy suster in Bongolethu aangehou en ernstig aangerand.
Gemeenskapslede het die huis se deur oopgebreek en Mei bebloed en nakend op 'n bed aangetref.
Haar moeder, Fytjie Mei, het op die eerste dag van die verhoor getuig dat haar dogter verskeie operasies moes ondergaan en tans in 'n rolstoel oor die weg moet kom.
"Sy kan met ons gesels, maar kan glad nie onthou wat met haar gedurende die dae wat sy aangehou is gebeur het nie," het Mei getuig.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
• Saak teen Enver Campher na streekhof
• Suster van Enver Campher praat uit
• Opvolg: vrou gemartel en aangerand
• Opvolg: vrou aangerand en gemartel
• Poging tot moord-klag uitgestel
• Vrou vir dae gemartel en aangerand
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'