Update
OUDTSHOORN NUUS - Enver Campher, die man wat daarvan aangekla word dat hy sy meisie en ma van sy kind vir twee dae in die huis van sy suster gyselaar gehou en ernstig aangerand het, het verlede Donderdag weer vlugtig in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Die saak is deur landdros Lorraine Samuels vir verhoor in die streekhof tot 22 November uitgestel.
Campher, wat van poging tot moord aangekla word, en vroeër op die nippertjie besluit het om sy borgtogaansoek te laat vaar, het glo die 31-jarige Natasha Mei in die huis van sy suster in Bongolethu aangehou en ernstig aangerand.
Gemeenskapslede het die huis se deur oopgebreek en Mei bebloed en nakend op 'n bed aangetref.
Sy was lank in die hospitaal en moes 'n operasie aan haar kakebeen ondergaan.
Volgens 'n familielid, Siena Blaauw, sterk sy tans tuis aan. "Sy is in 'n rolstoel maar maak goeie vordering," het Blaauw Donderdag gesê.
Lees vorige artikels:
• Suster van Enver Campher praat uit
• Opvolg: vrou gemartel en aangerand
• Opvolg: vrou aangerand en gemartel
• Poging tot moord-klag uitgestel
• Vrou vir dae gemartel en aangerand
ARTIKEL & FOTO: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'