Ses provinsiale akademiespanne het verlede week in die dorp aan die toernooi deelgeneem wat ook vir die sesde agtereenvolgende jaar deur SWD-krieket aangebied is.
Dit was die eerste keer dat die span al hul wedstryde in die toernooi kon wen om daarmee ook as die onoffisiële wenners aangewys te word.
Albertus Kennedy, hoof- uitvoerende beampte van SWD-krieket, het die week gesê dat die akademie afrigter, André du Plessis, lof verdien vir sy span se vertoning. "Die span het al vyf hul wedstryde gewen.
"Wat selfs meer indrukwekkend was, is die bestendige vertonings wat al die spelers deurgaans gelewer het en hul vermoë om hul opponente in elke wedstryd oortuigend te klop."
Kennedy het veral melding gemaak van die goeie oorwinning wat behaal is oor die sterk Westelike Provinsie akademie. Drie spelers, Clyde Fortuin, Jason Smith en Hayes van der Berg, wat vir die SA o.19-span gespeel het, was deel van die WP-span.
SWD-Krieket president, Rudy Claassen, het die span ook geloof en melding gemaak van die werk wat verrig word in die SWD se hoë prestasie-program waar jong talent geïdentifiseer en ontwikkel word.
Die uitslae van SWD se wedstryde as volg:
Dag 1: (50 beurte): SWD vs CSA Fort Hare Akademie
SWD 211/6 (Edrique Cooke 61, Ruan Stander 37, Niel Hornbuckle 28, Jean Heunis 23, Mbulelo Bhudaza 2/35, Ma-tome Modiba 2/44) CSA Fort Hare 152 (Loyiso Mdashe 46*, Tshepang Dithole 34, Richard Maree 3/30, Glenton Stuurman 2/12, Deon Vivier 2/20) SWD wen met 59 lopies
Dag 2: (50 beurte) SWD vs Westelike Provinsie
WP 195 (Zubayr Hamza 47, Thando Mdodana 42, Clyde Fortuin 33, Tyrone Walsh 2/11, Justin Jordaan 2/31, Glenton Stuurman 2/35)
SWD 197/7 (Niel Hornbuckle 77, Ruan Stander 29, Ethan Coeries 25, Brain N Shushu 3/33, Emmanuel King 2/25) SWD wen met 3 paaltjies
Dag 3: (50 beurte) Oostelike Provinsie vs SWD
SWD 168 (Jean Heunis 42, Ethan Coe-ries 39, Edrique Cooke 27, Lloyd Brown 4/17, Laduma Tshaka 3/28, Mtabozuko Ngam 2/28) OP 137 (Curtis Samboer 55, Aubrey Ferreira 21, Lance Roelfse 5/23, Otniel Baartman 3/18) SWD wen met 31 lopies
Dag 4: (Twintig/20) SWD vs Boland
Boland 117/3 (George Hlazo 50, Leon le Roux 43*, Lance Roelfse 1/20)
SWD 92/2(Ethan Coeries 30*, Jean Heunis 20*)
SWD wen met 8 paaltjies (D/L Metode)
Dag 4: (Twintig/20) SWD vs Grens
SWD 133/4 (Niel Hornbuckle 48, Edrique Cooke 47*, Nelson Sethimani 2/20,
Sinovuyo Nqoba 2/28) Border 87/7(Fred Clarke 24, Otniel Baartman 2/12)
SWD wen met 46 lopies.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Die SWD 2014 Akademiespan kon die akademietoernooi vir suidelike provinsies, verlede week onoorwonne afsluit. Agter: Lance Roelfse, Edrique Cook, Bonginkosi Mafinka, Niel Hornbuckle, Deon Viviers, Ethan Coeries, Richard Maree, Tyron Walsh en Otniel Baartman Voor: Glenton Stuurman, Albertus Kennedy (Chief Executive Officer), André du Plessis (Hoëprestasie afrigter / akademiebestuurder), Rudy Claassen (president), Hanno Kotze, Johan Weyers (bestuurder: amateur krieket) en Ruan Stander.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'