Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Sylvester-driedagbergfietsren is die afgelope naweek in ysige koue en sterk wind aangebied.
Ongeveer 150 ryers het aan die verskillende bergfietsrenne deelgeneem.
Die renne het Vrydag 22 Junie begin en oor drie skofte geduur. Fietsryers het die spoor van Sylvester die leeu, wat hy met sy ontsnapping gestap het, deur omliggende plase langs die Karoo Nasionale Park gevolg.
Ryers het 'n keuse gehad tussen 'n eendag 20 km-roete, 'n driedagroete bestaande uit 'n 4 km-tydtoets, 50 km-ren en 43 km ren, asook 'n driedagwedren, bestaande uit 'n 4 km-tydtoets, 90 km-wedren en 70 km-wedren.
Chandré Schultz het die 20 km gewen. In die langafstand driedag ren het Leré Stander vasgebyt en is as dameswenner gekroon.
Van links: Willem Serfontein, Phillip de Klerk en Jorrie Jordaan.
Uitslae
Dames: drie skofte algeheel (4 km, 50 km en 43 km)
- Charlissa Schultz
- Teresa Bester
- Corné Serfontein
Mans: drie skofte algeheel (4 km, 50 km en 43 km)
- Hans Willem Moolman
- Christiaan van As
- Dougie Bester
Mans
Mans: drie skofte algeheel (4 km, 90 km en 70 km)
- Jorrie Jordaan
- Willem Serfontein
- Phillip de Klerk
Die fondsinsameling van die Sylvester-bergfietsren gaan vir ereveldwagters se projekte.
Die Sylvester-bergfietsren het ryers oor moeilike roetes geneem.
Lees 'n vorige artikel: Fietsryers volg leeu se spoor oor drie dae
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'