Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die vragmotor wat vroeër vanoggend in die kanaal naby die stasie beland het, is sonder voorval uit die kanaal gelig.
'n Herwinningsvoertuig van George het die vragmotor uit die kanaal gelig. Die vragmotor se massa is ongeveer 10 ton.
Die herwinningsvoertuig kan 35 ton lig.
Daar heers groot kommer onder inwoners wat hierdie pad gereeld gebruik oor die aantal botsings wat al hier plaasgevind het.
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n vorige artikel: Vragmotor beland in kanaal
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'