Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die Oudtshoorn-munisipaliteit begin vandag met ‘n proses om van bote gebruik te maak om boomstompe en takke uit die Raubenheimerdam te verwyder.
Johan Uys, bestuurder by die munisipaliteit se waterwerke, het gesê die eerste takke sal reeds vanmiddag om 13:00 verwyder word.
Uys gaan self op ‘n boot klim en help met die skoonmaakproses.
Hy het alle Oudtshoorniete genooi om met hul bote, selfs roeibootjies, te kom help. “Die takke en stompe sal na die wal beweeg word, waar munisipale vragmotors dit sal oplaai.”
Oudtshoorn se water het modderikleurig geraak na die water Woensdag in die dam ingevloei het.
Die Raubenheimerdam was Maandag 56,69% vol. Vanoggend (Woensdag 21 Februarie) het dit na 55,5% gesak. Uys skryf dit toe aan die vrylating van water vir besproeiingsdoeleindes.
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n verwante artikel: Opvolg: Troebel drinkwater
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'