Update
OUDTSHOORN NUUS - Die modderigheid van Oudtshoorn se drinkwater is weens organiese stowwe en onsuiwerheid wat in die damme ingespoel het tydens verlede week se reëns in die opvangsgebied.
Hierdie troebelheid veroorsaak dat die chlorinering van die water nie effektief is nie.
Oudtshoorn-inwoners word aangeraai om drinkwater te kook tot verdere kennisgewing.
Johan Uys, watergehaltebestuurder by die Oudtshoorn-munisipaliteit, sê verdere watermonsters sal môre geneem en vir toetse weggestuur word.
“Dit kan tot twee weke neem vir die troebelheid om te sak en effektiewe chlorinering gedoen kan word.”
Die huidige situasie het niks te doen met verlede week se waarskuwing oor e.coli in die water nie.
Lees 'n vorige artikel: Troebel drinkwater verduidelik
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'