OUDTSHOORN TENNISNUUS - 'n Groot eer het twee lede van die Wesbank-tennisklub te beurt geval toe hulle as kapteins van twee SA tennisspanne aangewys is wat in Junie in Kroasië aan die 2021 Seniors Wêreld Spankampioenskappe gaan deelneem.
Jacques de Beer is aangewys as die kaptein van die 50+ mansspan en Christine van Coller as kaptein van die 55+ vrouespan.
Nog 'n lid van die klub, Rida Bester, is ook in die span van Van Coller.
Die kampioenskappe word van 6 tot 11 Junie in Umag, Kroasië, gespeel.
Intussen was die eersteliga A-span van die Wesbank-tennisklub verlede Saterdag te sterk vir die span van Plettenbergbaai in hul wedstryd in die gemengde ligakompetisie van die Eden-tennisvereniging. Wesbank het die wedstryd, wat op Plettenbergbaai gespeel is, met 5-1 gewen.
Die tuisspan het goed begin toe Charlie Bohloko en Dabra Hyde vir Josh Daniel en Retha Matthee met 6-1, 6-1 geklop het, maar kon daarna nie nog 'n wedstryd inpalm nie.
Die res van die uitslae (Wesbank eerste) is soos volg:
- Pietman Schoeman en Christine van Coller klop Paddy Dalzell en Sue Harvey 6-0, 6-0.
- Jacques de Beer en Rida Bester klop Jean Hubert en Carrie McClean 6-2, 6-3.
- Pietman Schoeman en Christine van Coller klop Charlie Bhloko en Debra Hyde 4-6, 6-0, 6-3.
- Jacques de Beer en Rida Bester klop Paddy Dalzell en Sue Harvey 6-3, 5-7, 6-1.
- Josh Daniel en Retha Matthee klop Jean Hubert en Carrie McClean 6-2, 6-4.
Christine van Coller
Rida Bester
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'