OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Die SWD- en Union Stars-vrouekrieketspeler, Jané Winster, wat onlangs vir die opkomende Proteaspan gekies is, het Oudtshoorn verlede Sondag trots gemaak.
Sy het drie paaltjies vir 33 lopies laat kantel in haar span se eerste toerwedstryd teen hul eweknie van Bangladesh by die Sylhet internasionale krieketstadion.
Ofskoon Winster se pogings in 'n verloorstryd was, het dit menige krieketliefhebbers se tone laat krul om te sien hoe sy haar stempel op internasionale vlak met gemak afdruk.
Die span van Bangladesh het eerste gekolf en 196 lopies vir die verlies van nege paaltjies in hul toegelate 50 boulbeurte aangeteken.
Die opkomende Proteas is in hul kolfbeurt vir 141 lopies almal uit in 45 boulbeurt uitgehaal wat aan die tuisspan 'n oorwinning van 55 lopies besorg het.
Dié resultaat beteken dat Bangladesh nou in die reeks van vyf eendagwedstryde met 1- 0 voorloop.
Die laaste toerwedstryd word op 13 April gespeel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'