Jong fietsryer ding mee in Europa

Op die podium gedurende die seleksie wedrenne wat 7-9 Mei in Pietremaritzburg.

OUDTSHOORN NUUS - Louis Visser, die bekende 17-jarige fietsryer van Oudtshoorn, vertrek in minder as twee weke na Europa om kompeterend te gaan fietsry.
 
Visser is in die span opgeneem na sy derde plek in die seleksiewedrenne wat van 7-9 Mei in Pietermaritzburg plaasgevind het.
 
Hy vertrek op 17 Junie na Spanje waar hy vir die volgende twee maande vir die Club Ciclista Colindres gaan ry. Gedurende hierdie tydperk gaan hy ook na Nederland reis om by die Suid-Afrikaanse junior fietsryspan aan te sluit wat van 5 tot 21 Julie in Europa aan wedrenne gaan deelneem. In die Cape Town Cycle Tour was hy die junior wenner van die wedren.
 
Volgens Louis se pa, is dit enige fietsryer se droom om in Europa te gaan fietsry en is hierdie die ideale geleentheid om 'n baie hoër vlak te kompeteer.
 
Daar is sedert Visser se terugkeer vanaf Europa verlede jaar hard gewerk om voor te berei vir hierdie geleentheid en daar is baie ure se harde oefen en wedrenne agter die rug.
 
Met verlede jaar se toer het Visser die geleentheid gehad om te sien waaroor padfietsry gaan en dit eerstehands ervaar. Hy was gelukkig om as 'n eerstejaar junior die Europese kompetisies te ervaar en sodoende 'n besluit te maak of dit is wat hy graag wil en sal kan doen. Aangesien fietsrykompetisies oorsee heeltemal op 'n ander vlak as in Suid-Afrika is kon Visser verlede jaar nie enige noemenswaardige resultate behaal nie, maar die ervaring het hom laat besluit om professioneel te begin fietsry. Met sy terugkeer verlede jaar het hy vir Barry Austin, direkteur en afrigter van LEADout cycling, as afrigter gekry.
 
"Racing in Europe as a junior is crucial," sê Austin, "The first thing I tell them is to beat a local pro in a big race. Or at least be close to doing it, it then it takes five years before you yourself might be called pro."
 
Visser se oefenprogram hou hom baie besig en afhangende van waarvoor hy hom voorberei oefen hy daagliks twee toe vyf uur met een rusdag in die week. Hy is tans in sy matriekjaar by Langenhoven Gimnasium en met baie skoolwerk is daar min tyd vir ontspan. Aangesien baie van die fietsrykompetisies gedurende skooltye plaasvind het hy reeds in die eerste kwartaal drie weke se skool misgeloop. Volgens Visser is dit 'n uitdaging om daardie werk in te haal, maar hy pak dit met ywer aan.
 
Visser leef sy droom uit deur sy fietsry en bedank almal vir hulle ondersteuning, nie net vir die afgelope tyd nie maar vandat hy begin het met fietsry: "Elkeen se ondersteuning maak 'n verskil, al is dit die motoris op die pad wat my op my fiets respekteer en die geleentheid gee om veilig op die pad te oefen."


Net na die Cape Town Cycle Tour waar hy die Junior wenner was.
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant