Eden-fietsry blink uit by sporttoekennings

Tydens die Eden-sporttoekennings is, van links: Vicky Scheepers, Attie Botha, Shanique Loggenberg, Corné Bence, Jessica Gerber, Louis Visser (jr) en Corné Botha. Foto: Louis Visser

OUDTSHOORN NEWS - Eden-fietsry was Vrydagaand telkens in die kollig tydens die Eden-sporttoekennings met agt kategoriefinaliste en vyf katergoriewenners.
 
Al die finaliste is ook lede van die Oudtshoorn-fietsryklub wat veral hierdie jaar baie energie in die klub insit en deurentyd nuwe lede lok. Dat harde werk enige toekenning voorafgaan is duidelik as daar na die lede se besige programme gekyk word.
 
Jessica Gerber, Louis Visser (Jr), Corné Bence en Corné Botha is juis verlede Dinsdag Kaap toe waar Louis en Jessica aan die SA Omnium Baankampioenskappe deelgeneem het.
 
Hulle het Vrydag teruggekeer vir die toekenningseremonie en direk daarna het hulle weer na Kaapstad vertrek om Saterdag aan die Engen Cycle in the City deel te neem en Sondag aan die baan Grand Prix.
 
Die agt finaliste was: Corné Botha (tegniese uitnemendheid), Shanique Loggenberg (nuweling van die jaar), Corné Bence (administrateur van die jaar), Eden Fietsry (federasie van die jaar), Vicky Scheepers (sportvrou met gestremd-
heid), Attie Botha (sportman met gestremdheid), Jessica Gerber (junior sportvrou van die jaar) en Louis visser (junior sportman van die jaar).
 
Die wenners was: Corné Botha, Shanique Loggenberg, Corné Bence, Vicky Scheepers, Jessica Gerber.
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus' 


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant