Bluewater van Oudtshoorn en Stonebreaker FC van Calitzdorp. Foto's verskaf
OUDTSHOORN NUUS - Die eerste aandsokkerwedstryd wat onder Lategansvlei se Stadion An der Alten Försterei 2 spreiligte gespeel is, het Vrydagaand, 28 Oktober plaasgevind.
Ongeveer 80 toeskouers het die wedstryd tussen Bluewater van Oudtshoorn en Stonebreaker FC van Calitzdorp bygewoon.
Volgens Dario Urbanski, op wie se inisiatief die sokkerstadion aanvanklik ontwikkel is, was die eerste aandwedstryd 'n hoogtepunt in die gemeenskap.
Die spreiligte is sowat 'n maand gelede met finansiering vanuit Duitsland opgerig.
Die wedstryd is met 3-0 deur Bluewater gewen.
Smaaklike worsrolletjies is bedien by die eerste aandsokkerwedstryd op die Lategansvlei Stadion An der Alten Försterei 2.
Die twee sokkerspanne wys hul vernuf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'