Sake-aflos herleef in alle glorie

Deelnemers spring weg vir die 2017 Klein-Karoo sake-aflos. Foto: Christo Vermaak

OUDTSHOORN NUUS - Na ‘n afwesigheid van dre jaar is die Klein-Karoo sake-aflos weer terug op die sportkalender van Oudtshoorn.
 
Die Klein Karoo-atletiekfonds (KKAF) het die leiding geneem om die gewilde item weer deel te maak van Oudtshoorn se sportkalender. Donderdagaand 20 April het meer as hardloop- en stapspanne in Baron van Reedestraat aan die 2017 sake-aflos deelgeneem.
 
Timbercity Oudtshoorn het vanjaar al die medaljes vir die sake-aflos geborg. Ander borge wat ‘n groot rol gespeel het, was: Oudtshoorn Courant, Santa Fe Spur, Headlines, Kango-grotte, Highgate-volstruisskouplaas, Klein-Karoo Melkery, Hoërskool Oudtshoorn, Karoopot Restaurant, Brians Grill, Embroidt, Black List Sekuriteit, Herrie, Allewyn Hanekom (noodhulp), Oudtshoorn Inn, Oudtshoorn Oogkundiges, Oudtshoorn Ford, KKNK en Johan Brooks (klank). Oudtshoorn se munisipale verkeersafdeling ‘n reuse rol gespeel om die verkeer op spitstyd te reguleer.
 
Die wenners van die onderskeie kategorië het goue medaljes ontvang en die res van die deelnemers brons medaljes!
 
Verskeie spesiale pryse is ook lukraak getrek en toegeken. Die voorsitter van KKAF, Hans van der Veen, het die volgende te sê gehad: “Die Klein-Karoo sake aflos het na 'n afwesigheid van amper drie jaar weer plaasgevind.
 
'n Spesiale dankie aan elkeen van die meer as 60 spanne wat deelgeneem het. Baie dankie vir Dave Van Der Walt, ons operasionele bestuurder, wat hard agter die skerms gewerk het om dit te laat herleef. Ook aan David McKinnon, Carien Loubser en Yaron Venter wat hom bygestaan het. Ook aan Kapt. Mogorosi van die Infanterieskool wat met die mikrofoon gehelp het om 'n lekker vrolike atmosfeer te skep.”
 
Die wenners:
Hardloop
  • Besigheidskategorie: KKAF
  • Hoërskool Seuns: Oudtshoorn Vaardigheidskool
  • Hoërskool Dogters: Langenhoven Gimmies
  • Laerskool Seuns: Laerskool van Reede
  • Laerskool Dogters: Laerskool van Reede
  • Gemengde Span: Monday Blues
  • Magte: SANDF Alpha
Stap
  • Mans: Wic’It Sports Pub
  • Dames: Blomme Meisies

Klik hier vir 'n fotogalery.

'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant