Bloch is vir die duur van die KKNK by ArtKaroo. Foto: Hannes Visser
OUDTSHOORN NUUS - 'n Reuse boomstomp wat 2 ton weeg en langer as 5 meter is, is Donderdagmiddag as deel van 'n kunsprojek by ArtKaroo-galery staangemaak.
Die stomp, Bloch, kom oorspronklik van Switserland af en toer sedert 2011 deur die wêreld om kunstenaars in verskeie lande die geleentheid te gee om kunswerke op hom te doen.
Bloch is vir die duur van die KKNK by ArtKaroo waar 5 kunstenaars 'n eg Suid-Afrikaanse kunswerk op 'n deel van die stomp sal aanbring.