Stoorkamer in brand vernietig

Die oorblyfsels van die stoorkamer.

OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Stoorkamer agter 'n woning in Swiegelaarstraat, Bridgton, is vanmiddag kort voor 16:00 in 'n verwoestende brand vernietig.
 
Die stoorkamer was vol huisraad wat in puin gelê is.
 
Volgens die eienaar van die huis, Katy Titus, was sy voor in die tuin toe sy die rook ruik en met nadere ondersoek sien die stoorkamer is in vlamme gehul.
 
Die oorsaak van die brand is onbekend.
 
Oudtshoorn se brandweerdienste was binne minute op die toneel, maar die brand het te vinnig versprei om enige van die meubels binne die brandende buitevertrek te red.
 
ARTIKEL & FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant