Burgemeestersmaskerbal 'n sukses

Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, Colyn Sylvester, by sy personeel wat die aand se reëlings getref het. Foto: Christo Vermaak.

OUDTSHOORN NUUSFLITS - Oudtshoorn het Vrydagaaand (17 Maart) sy eerste burgemeestersmaskerbal, met groot ondersteuning van omliggende dorpe se politieke leiers, sowel as lede van die parlement, beleef.
 
Alle kaartjies vir die aand was uitverkoop.
 
Die eregas vir die aand was die Wes-Kaapse minister vir menslike nedersettings Bonginkosi Madikizela.
 
Uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, het in sy toespraak gesê: “Ons wil ‘n verskil maak in die gemeenskap se lewens. Oudtshoorn is bekend daarvoor om geskiedenis te maak, en ons gaan dit weer doen, maar vir die beter.”
 
Sylvester het beklemtoon dat almal uit alle gemeenskappe ewe belangrik is.
 
Madikizela het in sy toespraak die Oudtshoorn-besigheidsketor en gemeenskap geloof vir hul bydrae tot die ekonomiese vooruitgang van die dorp.
 
Lees meer hieroor in Vrydag se Oudtshoorn, Klein Karoo nuus, asook aanlyn.

'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant