Cornel van Rensburg, ’n plaasbestuurder van die Jonker-groep, het saam met die operateur van ’n laaigraaf die voertuig uit die water gehaal. Hein Jonker, Saag se seun, was ook op die toneel. Hy het verduidelik dat duikers die voertuig gistermiddag onder die water aan die linkerkant van die rivier gevind het, sowat 300 m van die brug af. Video: Hannes Visser, Oudtshoorn Courant