Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n Polo Vivo het 'n paar benoude oomblikke ervaar toe haar motor deur 'n vragmotor langs haar getref en 'n ent saamgesleep is.
Die Polo het links van die vragmotor by die besige kruising van Rademeyerstraat en Langenhovenweg gewag.
Volgens die bestuurder het die vragmotor begin wegtrek, maar toe links gedraai en haar motor getref. Sy kon nie uit die pad kom nie en haar motor is 'n paar meter vorentoe gesleep.
Gelukkig het die vragmotor bestuurder dit besef en gestop. Volgens hom het hy besluit om links te draai eerder as om die besige Langenhovenweg te kruis, maar hy het nie besef daar staan 'n motor reg langs hom nie. "Sy was in my blindekol, en ek het die kar glad nie gesien nie," het hy op die toneel gesê.
Die bestuurder van die Polo was alleen in die motor en is nie beseer nie.
Kyk 'n video hieronder.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'