OUDTSHOORN NUUSFLITS - Nols Khun en sy span Oudtshoorn-rolbalspelers het die afgelope naweek se Karoo Beker-rolbalkampioenskappe by die Karoopark-rolbalbane in Beaufort-Wes gewen.
Nog 'n Oudtshoorn-rolbalspan, die van Senobia Koegelenberg, het 'n vyfde plek behaal.
Vier spanne van Oudtshoorn het op Saterdag 2 September aan die gesogte kampioenskap gaan deelneem.
Die ander twee spanne is in die uitspeelrondes uitgeskakel.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'