Skietdag buite Oudtshoorn

Tydens die skietdag.

OUDTSHOORN NUUS - Suid-Kaap Jagters – en Bewaringsvereniging (SJB) het 99 inskrywings gelok met hul veldskietdag naby Oudtshoorn.
 
Die skietdag is in samewerking met Wildman Hunting & Outdoor op die plaas Nooitgedag van Koos Potgieter aangebied. Die kompetisie het die skuts se vermoëns tot die uiterstes beproef. Daar is oor verskillende afstande na lewensgrootte bokteikens en verskillende grootte staalplate geskiet. Die afstande het gewissel vanaf 80m meter tot 350m.
 
Daar is in vier kategorieë deelgeneem: seniors, dames, veterane en juniors. Uitstekende pryse is deur die borg aangebied en die trekpleister was ‘n teleskoop wat as eerste prys van die gelukstrekking aangebied is en deur Junita van Zyl gewen is.
 
Die wenners in die verskillende afdelings was:
Seniors: 1. C. Delport; 2. D. Barnard; 3. J. Du Plooy
Juniors: 1. G.B. Steyn; 2. L. Van Zyl; 3. E. Goedhals
Dames: 1. J. Van Zyl; 2. E. Joubert; 3. A. Lerm
Veterane: 1. J. Fourie; 2. T. Theron; 3. A. Lilford

SJB nooi lede sowel as nie-lede na die vleisverwerkingskursus wat op 8 April in George by Margot Swiss plaasvind.
 
Vir meer besonderhede kan die kantoor by 044 695 2319 op weeksdae tussen 09:00 en 13:00 geskakel word.
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtdshoorn, Klein Karoo nuus' 


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant