OUDTSHOORN NUUSFLITS - ‘n Voormalige Eden-distrik en Oudtshoorn-burgemeester, Wessie van der Westhuizen het Oudtshoorn verruil vir Kaapstad.
Van der Westhuizen het Dinsdag 3 Januarie diens aanvaar as subraadbestuurder van Table View, Melkbosstrand, Atlantis en Mamre in die Kaapse Metropool. Hy is in die proses om te verhuis onderwyl hy reeds daar werksaam is.
Hy het aan die Oudtshoorn Courant gesê: “Die Hoër Hand het my pad bepaal. Die pos is geadverteer. Ek het aansoek gedoen en na ‘n intensiewe onderhoudproses is die pos my beskik.”
In ‘n boodskap aan Oudtshoorniete, het Van der Westhuizen gesê: “Oudtshoorniete moet mekaar met meer passie en ‘n gesonde wyse hanteer en respekteer. Julle moet geskille op ‘n gesonder wyse bylê."
Lees meer aanlyn en in volgende week se Oudtshoorn Courant.