Van die 300 tydelike huise in die oorgangskamp waar inwoners gehuisves word totdat hulle permanente huise opgerig is, het 183 gister krag ontvang.
Teen die einde van die week sal 208 van die sinkhuise krag kan gebruik en die res sal teen Januarie krag hê.
Permanente huise vir die gesinne wat op die oomblik in die sinkhuise bly, is besig om soos paddastoele op te skiet. Sodra die gesinne hulle huise ontvang, sal die volgende groep mense uit plakkerhutte in die sinkhuise hervestig word terwyl hulle weer wag dat hulle huise gebou word.
Die sinkhuise sal teen die einde van die projek verwyder word om plek te maak vir die laaste klomp huise in die projek.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Inwoners van Rose Valley by gister se amptelike aanskakeling van die krag.
Raadsheer Johan Stoffels maak gereed om die krag aan te skakel.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'