Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, ondersoek hulle 'n klag van roekelose en nalatige bestuur.
Dit volg na die bestuurder van die taxi twee voertuie verbygesteek en beheer oor sy voertuig verloor het, waarna dit gerol het.
Die bestuurder sowel as die passasier is ernstig beseer en is na die Oudtshoorn-hospitaal geneem.
Hierdie ongeluk was een van 13 ongelukke in en rondom Oudtshoorn wat tussen 1 en 5 November aangemeld is.

Nooddienswerkers behandel die beseerdes op die ongelukstoneel.
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'