Pallisades wat opgerig is om te verhoed dat kinders en onskuldige mense naby die substasie kom, is reeds gedeeltelik weggedra.
Slotte wat die luike van die substasie dig moet hou en plate aan die onderkant van die lewensgevaarlike elektriese installasie is ook afgebreek en weggedra.
Ten spyte daarvan dat die substasie en ‘n aanliggende gebou reg oorkant ‘n polisiesatasie geleë is, is die gebou ook reeds van alle deure, kabels, vensters, plafonne en skakelaars gestroop.
‘n Munispale werker wat toevallig by die substasie was, het gesê hy vrees die dag dat iemand ‘n luik oopkry en deur die 11 000 Volt kragtoevoer doodgeskok word.
Lees Vrydag meer in die Oudtshoorn Courant, en aanlyn.
Die vensters en deure is weggedra.
Die substasie word gevandaliseer.
ARTIKEL EN FOTO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'