Daniël en Edward Zaayman het op 8 Augustus op al die bedrogklagtes teen hulle skuldig gepleit. Hulle het op 8 September in die streekhof op Oudtshoorn verskyn, maar daar is gevra vir uitstel aangesien verslae ten opsigte van Daniël se gesondheid en Edward se seuntjie eers afgehandel en ingedien moet word.
Streeklanddros Mark van Wyngaardt, het die saak tot 23 September uitgestel.
Op 8 Augustus het Daniël op 23 klagtes skuldig gepleit terwyl Edward op 20 klagtes skuldig gepleit het.
Om verwarring by lesers uit te skakel moet dit net duidelik gestel word dat daar slegs 33 klagtes was en nie 43 soos wat in 'n ander blad berig word nie.
Alhoewel daar onderskeidelik op 23 en 20 klagtes skuldig gepleit is, is daar 'n oorvleueling van sommige klagtes.
Dit beteken dat pa en seun saam op sommige klagtes aangekla en skuldig bevind is.

Edward Zaayman

Daniël Zaayman
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'