Shane Kiewietz is dood nadat die motor waarin hy die enigste insittende was op die De Rust-pad omgeslaan het.
Hy het volgens sy ouers, verlede Woensdag sy pa se voertuie gewas en later die aand met die Nissan, waaroor hy beheer verloor het, 'n draai gaan ry.
Die ongeluk het om 23:50 plaasgevind en hy is op die toneel dood verklaar. Kiewietz was 'n graad 10-leerder van Hoërskool Môrester.
Sy begrafnis begin Saterdag om 12:00 vanuit sy huis in Prinsstraat 1744 en om 13:00 vanuit die AGS-kerk in Toekomsrus.
LEES 'N VORIGE ARTIKEL

Shane Kiewietz
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'