OUDTSHOORN NUUS - Johan Havenga en Lorraine van Vollenstee het die sukesvolle Nomads-rolbaldag op Oudtshoorn gewen waartydens ook 'n groot hoeveelheid nie-bederfbare produkte vir Solidariteit ingesamel is.
Die produkte sal aan hulpbehoewende families oorhandig word.
Die naaswenners van die toernooi was Rassie de Villiers en Isma van Tonder terwyl Ben du Preez en Matilda Champaud met die derde plek weggestap het.
Twee nuwe Nomads-lede, Hermien Kets en Marilyn Orren, het tydens die toernooi ook hul hulle balkies van president Sandra Axsel ontvang terwyl Christa Starke se 10 jaar Nomads-lidmaatskapbalkie aan haar oorhandig is. Sy is intussen oorlede wat 'n groot skok vir die Nomads-lede was.
Die pryse vir die toernooi is deur Sky-High geborg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'