Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Silwer VW Polo het gisteraand (Sondag 3 Februarie) ongeveer 22:45 'n Telkompaal vlak voor n huis afgery. Die paal is direk langs 'n vierrigting stop.
Dit blyk dat die motor uit Adderleystraat in St Saviourstraat ingeswaai het toe die paal op die sypaadjie getref is.
Daar was drie mans in die motor wat glo aan die bestuurder se ma behoort.
Een insittende is lig beseer.
Sien 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'